Ané Janse van Rensburg
Hoërskool Brits



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
"Jy kan maar sê wat jy wil, maar omtrent elke meisie se perfekte matriekafskeidrok is opgesluit in 'n Pinterest bord"
JJ van Esje's Design Hartbeespoort het my "Pinterest board" 'n werklikheid gemaak. Van die dag wat ek my droom skepping gekry het, wou ek elke aand net nog een laaste keer my rok aantrek.
My smaraggroen droomrok komplimenteer my groen oë en dit het my ook elegant en stylvol laat lyk en voel. Patsy McManus (grimeerkunstenaar) en Joyce Prinsloo (haarkapper) het bygedra om my spesiale dag "picture perfect" te maak.