Ane du Preez



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is Ané du Preez matiekulant by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi
Aangesien ons 2ure uit Pretoria uit bly was dit maar ons eerste keuse om daar vir rokke te begin soek. Nadat ons afsprake met al wat n trou en aand uitrusting boutique’s gemaak het en nerens reggekom het nie, het ons op opsie twee besluit en na Catharine Walk in Clearwater Mall gegaan. Al die ander niggies het daar reggekom. En sowaar toe sien ons die groen rok met die mooiste kraletjies op die bo-arms. Die kleur was net perfek en ek en my ouers en tannie het eenparige besluit dis die rok vir my.
Met die rok in die kas n paar maande betyds gereed was die finale afronding net die juwele.
My tannie is in die tussen tyd na Turkeye met vakansie en toe kry ons n oproep van haar. “Ane het sy gesê hier is net die mooiste rok. Ek sal hom vir jou koop jy moet maar net besluit. Sy het dat n assistent in die winkel hom aanpas en ons het deur FaceTime n idee gekry van hoe die rok sal lyk as ek hom aandtrek. Die droom rok is toe by Alvons Tekstil gekoop in Turkeie En net daar het die “Turkish Delight” loshande met my keuse weggestap.