My gunmetal rok bestaan uit valle wat sag om my lyf val en wat my heel aand gemaklik toegelaat het om te dans en te beweeg. Die korset boonste deel verskaf definisie en tekstuur aan my rok omdat dit van kantmateriaal gemaak is wat my blonde hare optel met onder andere stukkies "goud" daarin. Spaghetti-dun bandjies strek oor my skouers en maak laag agter op my rug oorkruis vas. Stukkies van die kantmateriaal is sorgvuldig opgesny en op sekere plekke op die korset vasgewerk om aan te pas by die vloei van my rok.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
HTS Drostdy in Worcester, Wes-Kaap
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het letterlik vir twee jaar lank enige aandrok wat my oog gevang het op my foon gestoor. Aanvanklik was dit moeilik om 'n styl en kleur te kies, maar een van die laaste foto's wat my oog op Pinterest gevang het was die mooiste, mooiste rok met valle. Presies die teenoorgestelde as die rok waarin ek myself gesien het! Dit was vir my belangrik dat my rok net daardie ietsie anders moes hê wat dit sou laat uitstaan indien daar nog 'n soortgelyke rok(ke) sou wees. Alhoewel die rok wat ek gesien het, my insprasie was, lyk my rok eintlik heeltemal anders!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dis onmoontlik om 'n gunsteling "deel" te hê. Hoe die rok stukkie vir stukkie gevorder het. Hoe ek aan die begin bietjie twyfelagtig was oor my keuse. Die laaste pas. Alles het net bymekaar gekom en in plek geval en daartoe gelei tot die aand wat my so gelukkig en tevrede en selfversekerd laat voel het. My rok het my stoutste verwagtinge oortref.