Andeli Krause

Hoërskool Diamantveld

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die ontwerp van my rok is opvallend, maar tóg eenvoudig wat ‘n perfekte balans tref tussen tydlose elegansie en moderne mode. Oranje, as kleurkeuse, is ‘n perfekte weerspieëling van my persoonlikheid. Die detailwerk is delikaat - versier van bo tot onder met sprankelende kristalle wat bydra tot die pragtige handwerk van die stuk. Die bokant het ‘n korset-styl wat bedek is met fyn glinsterende kristalle en krale wat ‘n glansryke voorkoms skep en my figuur perfek beklemtoon. ‘n Af-skouer snit met ‘n lang mou wat ‘n sagte en romantiese voorkoms skep en wat die rok ‘n ongewone, maar modieuse asimmetriese voorkoms gee. ‘n Lae, oop rugontwerp, wat ‘n subtiele, maar pragtige fokuspunt agter skep en my rug beklemtoon. Die rok vloei af in ‘n figuur-vleiende silhoeët wat reg deur tot die onderkant verskyn, met die kristalle en krale wat oor die hele rok gesprinkel is, wat elke beweging met skittering laat straal.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Diamantveld

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd hierdie prentjie gehaad van my droom matriekafskeid rok, en op die ou end was dit heeltemal anders as wat ek verwag het - dit was eenvoudig net perfek… só ek. Ek het op Pinterest gaan soek vir inspirasies, maar niks het my oog gevang nie. Ek is uit-en-uit ‘n “glitz and glam” meisie met ‘n liefde vir alles wat blink en ek het onbetwyfeld geweet dat my rok die liefde gaan uitbeeld, maar ek was onseker oor die kleur van my rok. Ek wou iets dra wat my persoonlikheid weerspieël - iemand wat nie bang is om uit te staan nie, maar ook iemand wat dieper betekenis in alles soek. Dis toe my pa voorstel dat ek oranje oorweeg. Aan die begin was ek skepties oor die kleurkeuse, maar ek het besef dat dit perfek pas by wie ek is. Vandat ek ‘n klein dogtertjie was het ek gedroom oor hierdie oomblik - my matriekafskied en die eerste keer toe ek my rok aangetrek het, het ek soos ‘n ware prinses gevoel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is sonder twyfel die unieke helder oranje kleur en die fyn sprankelende handgewerkte detail. My selfvertroue en die sprankel binne my is perfek uitgebeeld deur my rok deur die kompleksiteit van hoe die kristalle en krale aan my rok vasgewerk is. Alhoewel my rok nie was wat ek aanvanklik in gedagte gehad het nie, was my hele rok vir my eenvoudig net perfek. Elke aspek van my rok vertel 'n storie - van die vurige helder oranje kleur tot die fyn sprankelende handgewerkte detail. Dit is nie net 'n rok nie, dit is 'n uitdrukking van wie ek is.

Datum van matriekafskeid?

2024-04-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media