Anché Raman
Hoërskool Namakwaland
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die kleur van die rok is purple mauve . Die materiaal wat gebruik is , is high twist satin . Die deursigtige gedeelte met die steentjies op , is diamante mesh . Dit skep n eenvoudige beeld van elegansie vanaf die agterkant met n unieke styl van voor . Die handskoene het die rok mooi afgerond en het dit ook baie goed gekomplimenteer .
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie kom vanaf Pinterest . Toe ek die rok bespeur was ek dadelik versot daarop . Die kleur van die rok is n weerspeëling van my persoonlikheid, sag mar tog elegant . Dit verteenwoordig ook my gunsteling Disney prinses , Sofia The First . n Jong dame wat vasberade, selfversekerd en onafhanklik is .
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My absolute gunsteling deel van my rok is die glansryke, deursigtige onder gedeelte . Toe ek die inspirasie sien vir dit , het ek mal gegaan daaroor . Ek het geweet dit sal perfek gaan met die ontwerp van die rok , en ek was reg . Ek het soos n werklike prinses uit n Disney fliek gevoel . Die glitter gedeelte was maar net die kersie op die koek . Die steentjies verteenwoordig ook die hemelruim , meer spesifiek die sterre, “each star counts as a blessing “ . Dit het my gemaklik in my vel laat voel , en dit was wel nie iets wat iemand verwag het nie !
Datum van matriekafskeid?
2024-10-04