Amy Pretorius



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My sprokie het waar geword! Elke jong meisie maak al van kleintyd af foto’s en idees bymekaar vir hulle matriekafskeid. Baie drome word gedroom van daardie spesiale rok. By my was dit ook geensins anders nie. Ek wou soos ‘n prinses lyk en voel. My ontwerper, Gert van de Merwe het my persoonlikheid tydens ons eerste afspraak perfek opgesom en van daar af het ons idees vlerke gekry. Gert het die materiaal spesiaal gekleur sodat die “arctic ice” die ondertoon van my vel kon uitbring. My ekstrovert persoonlikheid en spontaniteit is uitgebeeld in die blommetjies wat oor die rok val en al hoe minder na onder word – daardie beeld van iemand wat onderdeur blommende Jakaranda’s hardloop en blommetjies wat oor my val. Gert het later ook die pragtige kristalle bygevoeg wat blink soos druppels water op die blomme. My hare en grimering was ook natuurlik en vars. Hierdie is die perfekte uitbeelding van wie ek is. Voorwaar alles waaroor ek gedroom het!