Amy Hunter

Hoërskool Fichartdpark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was stylvol, elegant en klassiek. Die helder kleur, rooi, pas perfek by my opgeruimde sterk persoonlikheid. Elmerane van Ryneveld van ‘Orijinel by Elmerane vR’ het my gehelp om die rok van my drome te ontwerp. Sy het die basis van die rok bedek met geborduurde kant. Die meermin-styl beklemtoon my figuur terwyl die oop rug, detail en neklyn die rok so mooi bymekaar bring.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Fichartdpark

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd ‘n idee in my kop gehad dat my rok ń spesifieke styl en sekere kleur gaan wees. Sedert graad een, was my droomrok rooi. Elmerane van Ryneveld van ‘Orijinel by Elmerane vR’, het my ‘n hele paar rokke laat aanpas van verskillende kleure en style. Haar wenke en rustige aanslag het my besluit bevestig. My keuse het my soos ‘n handskoen gepas. My rooi rok het baie mooi by my velkleur, bruin hare en haselbruin oë gepas. Ek het verseker soos ń prinses gevoel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is geen enkele deel van my rok wat nie my gunsteling deel was nie. Die oop rug en band, die spleet wat my toegelaat het om vrylik en gemaklik te kon beweeg, die elegante neklyn, die gordel van krale, die sleep en dan natuurlik, die klassieke rooi kleur. Dit was beslis die rok van my drome.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media