Amori Vorster

Hoërskool Bultfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie rooi rok is elegant en opvallend, met 'n diep V-neklyn versier met rooi krale wat met die hand op die bostuk van die rok gewerk is. Die handwerk van die krale skep 'n sprankelende effek wat die gesofistikeerdheid van die boonste gedeelte beklemtoon. Die materiaal is van satyn gemaak, wat die rok 'n gladde en blink voorkoms gee. Die romp is 'n volle uitklok-romp wat grasieus vloei, en maak die ontwerp ideaal vir formele geleenthede soos gala-aande of aandfunksies. Die kombinasie van die noupassende, met die hand afgewerkte lyfie en die vol, vloeiende romp skep 'n dramatiese en vleiende silhoeët.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Bultfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was definitief "Less is more" ,maar my ontwerper Daniel Ellis het my oortuig dat 'n bietjie "bling" nie sal skade doen nie. My kleindogtertjie droom was nog altyd 'n bloedrooi rok vir my matriekafskeid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die elegansie en eenvoud asook die klassieke lyne van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media