Amorette Durand
Hoërskool Strand
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is n kombinasie van n Zara Satin Scarlet rooi rok met swart glittertule oor die rooi wat my rok ‘n elegante en dramatiese voorkoms gee. Die bo kant van my rok is ‘n korsettop met n blomagtige effek (wat die tema van die aand was, blom waar jy geplant is), gevolg met n stylvolle moutjie wat hang aan die regter kant.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja - Hoërskool Strand
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My insperasie vir my rok het ek gekry toe ek een aand gedroom het hoe ek in n rooi rok loop. Toe ek wakker word het ek dit dadelik oor geteken en net aangepas by die tema van ons matriek afskeid. Dit was self met die hand geteken en ek het idees wat ek op Pinterest gekry het, in gemeng. Dit was vir my baie besonders dat ek my eie visie tot lewe kon bring deur my eie rok te kon skets.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit is n moelike vraag want ek hou van my hele rok maar as ek moet kies sal dit die korset wees met die blomagtige blare sowel as die riffels wat aan die kant van my rok afloop. Beide is vir my, my gunsteling deel van my rok, die riffels wat n dramatiese effect, beweging en styl gee saam met die korset wat die elegante effek skep.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-18