Amoré Mostert



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is die definiese van BEAUTIFUL ek is nou nog verlief!
Dis alles te danke aan die design talente van Werner Dey Couture . Werner & Kalibmonroe het werklik my droom ñ realiteit gemaak.
Die eindproduk het my wildste verwagtinge oortref. Die rok moes stylvol wees en by my figuur pas. Die inspirasie agter my rok het ek gedurende die 2022/23 herf Catwalk show deur Valentino gekry toe alles hierdie helder pienk kleure was. Ek het dadelik geweet dís presies wat ek wil hê!
Pienk is beslis ñ gunsteling kleur van my en verteenwoordig 'n liefdevolle, vriendelike en sensitiewe individu. Dit verteenwoordig ook sagtheid en vroulikheid. Die blommetjies simboliseer geluk en grasie.
My rok en al die bykomstighede was minimalisties maar perfek. Ek was die hele aand gemaklik en kon net myself wees.
Dit was verseker dié Grand Finale van my skoolloopbaan.