Amor van Heerden

Hoërskool Florida

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Met die betowerende blou corset wat die onderkant van my rok komplimenteer, sowel as die slit, het ek geweet dat dit die perfekte ontwerp vir my rok is. Ek wou nie ń buitensporige besige rok gehad het nie, maar eerder iets wat tydloos en elegant sal vertoon.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Florida

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het ń foto op Pinterest gesien en die kleur waargeneem, dadelik het ek geweet dit is presies wat ek wil hê. Ek het blou materiaal gekies omdat dit my gunstelling kleur is en ek het geweet dat ek gemaklik sou voel hierin. Almal praat altyd oor die "lady in red", maar ek wou die uitsondering wees en as die "lady in blue" geklassifiseer word.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit was beslis die corset idee met die blomme wat afrank en sodoende my rok afrond, sodat alles perfek bymekaar pas en saamvloei, sodat ek in my eie sprokie kon leef vir ń oomblik. My ontwerper het hierin ook ń groot rol gespeel.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media