Ek wou van kleins af 'n Disney Prinses oomblik gehad het. Cinderella die 2015 fliek se rok was my droom rok gewees. My ontwerper het my presiese siening uitgebeeld deur my rok.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die fliek Cinderella (real life een) het my geïnspireer van kleins af. Ek wou 'n werklike Cinderella oomblik gehad het! Die leuse "Have courage and be kind. For where there is kindness there is goodness, and where there is goodness there is magic." is waarvoor ek streef.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die kleur en die feit dat die rok my so gekomplimemteer het. Mense het ook genoem dat ek 'n Kate Middelton (Prinses van Wallis) rok dra.