Amelia Olivier
Helpmekaar Kollege
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Elke keer as my ma my gevra het na watter rok ek opsoek is, ek het net gesê dat ek iets ANDERS, iets BUITENGEWOON wou hê, iets wat myself versinnebeeld. Ek wou vir myself in die spieël kon kyk en ook my “spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land” oomblik beleef het en my rok het al my boksies gemerk. My rok is wie ek is.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Helpmekaar Kollege
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
As ek kon tel by hoeveel boetieks ek die jaar ingestap het, sou ek, maar daar was net te veel! My ouers het al moed opgegee, ek het begin moed verloor en almal het al ‘n hoofpyn begin ontwikkel as ek gesê het dat ek net nog na 1 boetiek toe wou gaan. Ek het nog altyd geweet dat ek net sou weet as dit die rok vir my is en op 28 Junie 2024 stap ek verby ‘n klein rakkie in die agterhoek van ‘n boetiek toe ek ‘n “jaw dropping” moment beleef het. Dit was liefde met die eerste oogopslag en het ek geweet dat dit MY ROK is!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek is nog altyd lank, dis my gunsteling deel van myself, my lengte, maar dit het die soek na rokke baie moeilik gemaak…elke keer as ek ‘n rok aangepas het, was dit alreeds hopeloos te kort en dan het ek nog nie eens al hakke aangehad nie! So my gunsteling deel van my matriekafskeidrok is 100% hoe lank my rok is. My rok kon sleep oor die rooi tapyt en kon ek ook my prinses oomblik beleef het!
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05