Amber Nel

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het op ‘n koperkleurige, twee-stuk uitrusting besluit. Die styl daarvan is baie eenvoudig, tog maak die kleur dit baie treffend. Die invoeging van sakke het die rok ‘n meer informele voorkoms gegee. Die strik was bygevoeg om klem te lê op my kinderlikheid.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My hartsvriendin, Janey Engelbrecht, het ‘n rok soortgelyk aan myne raakgesien op Pinterest. Sy het aanbeveel dat dit die perfekte keuse vir my is. Aangesien ek haar opinie en styladvies vertrou, het ek geweet dat só ‘n tipe rok perfek by my sal pas.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die sakke was definitief een van my gunsteling aspekte, omdat ek my lipstiffie en kamera daarin kon bêre. Ek het gehou van hoe vloeiend my rok is, sowel as die feit dat dit gemaklik, tog formeel is. My rok weerspieël my uitspattige en kinderlike persoonlikheid. Daar was geen deel van my rok waarvan ek nie gehou het nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media