A’May Venter

Bloemhof Hoërmeisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is met ‘n ryk en diep pers satyn gemaak waarvan die bostuk uit twee kruisende bande bestaan het met ‘n romp wat versier is deur verskeie valle. Die gewaagde pers kleur was ‘n baie goeie uitbeelding van my lewendige persoonlikheid terwyl die meer abstrakte kruisbande ook my uniekheid uitgebeeld het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Bloemhof Hoërmeisieskool Matriekafskeid

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die snaakse ding was dat ek eintlik geen idee gehad het van hoe my rok moes gelyk het nie. Ek het gehou van verskillende dele van verskillende rokke, maar ek het toe later op ‘n Instagram-foto ‘n pragtige rok gesien waaroor ek dadelik mal was, en toe lyk dit glad nie eens soos enige vorige idees wat ek gehad het nie. Ek het nie eers geweet watter kleur dit moes wees nie, en nadat ons in ten minste ses verskillende lapwinkels gekyk het na elke moontlike kleur, het ek uiteindelik op die perfekte pers afgekom wat ek in daardie winkel alleen gesien het. Dit het vir my so uniek gevoel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was die valle op die romp sowel as die pragtige kruisbande. Die lewe in die lap het dit laat voel asof ek heelaand lank gevloei het in plaas daarvan om te stap.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media