Alyssa Vieira



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Vir lank kon ek glad nie besluit hoe ek wil hê my rok moet lyk nie. Tot ek eendag onthou het hoe ‘n “Instagram Influencer” se rok ‘n paar jaar gelede gelyk het. Ek’t weer gaan soek vir die foto’s en was onmiddelik verlief! Aan my rok het ons ‘n paar veranderinge gemaak om dit uniek ‘ek’ te maak. Deur die hele proses het ek net elke keer meer uitgesien vir matriekafskeid. Ek was so verbaas dat met elke passing die rok net van voor af my hart kon laat bons! ‘n “Champagne Pink” , A-lyn pragstuk. Sjarmant, elegant, fyn en “sag op die oog”. Op die dag was daar nie ‘n stukkie selfbewustheid in my nie en my rok het my soos ‘n prinses laat voel deur en deur! Ek was amper hartseer om die rok uit te trek. Al was my matriekafskeid nie heeltemal soos ek gehoop het nie, sal ek altyd terugkyk na die foto’s en eerder weer die spiraal van positiewe emosies in daardie rok herleef.