Alri Rossouw

Hoërskool Wesvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is navy. Dit is ń fitted satyn rok met ń navy organsa romp bo oor. Dit het dun bandjies en is versier met blommetjies en pêrels in skakerings van pienk en donkerblou. Dit het ook holographic steuntjies en daar is 'n hoë spleet aan die regterkant.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Wesvalia

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vanaf ek die eerste keer ń navy rok gesien het, het ek geweet dat ek ń navy rok wil hê. Ek het ń fitted rok gekies omdat dit vir my baie elegant is en dit my soos ń sprokiesprinses laat voel. Ek het 3D blommetjies, pêrels en steentjies gekies as die detail op my rok, want dit is vir my baie uniek en sag wat ook 'n weerspieëling van my persoonlikheid en fyn oog vir detail is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is die lig pienk blommetjies met steentjies wat die ontwerper, Jacqueline Nepgen, self uit lap geknip en gemaak het, net soos ek dit wou hê. Dis die persoonlike detail wat die rok vir my net meer spesiaal maak.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media