Alri Radley

Hoërskool Piet Retief

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was ń blou-pers kleur. Dit was ń one piece wat uit ń corset en los broekie bestaan het. Die romp kon ek afhaal en aantrek wanneer en waar ek wou. Die corset en romp was bedek met blomme. Die bou van die rok het my lyf gekomplimenteer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

ja, ek het

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die kleur van die rok simboliseer vir my vrede. Ek wou nog altyd gehad het my oupa moes my af ry in matriekafskeid kar, maar hy het ons te vroeg verlaat. My oupa was die definisie van vrede vir my gewees en dit was aansteeklik. Dit was die mooiste en beste eienskap van my oupa gewees. Daarom het ek die kleur gekies wat my laat voel het asof hy teenwoordig was daai dag en dit saam ons geniet het. Die bou/ontwerp van my rok was so ontwerp sodat ek gemaklik kan voel in my eie liggaam en ek wou uit staan oor die feit dat ek my romp kon afhaal en weer aantrek waar en wanneer ek wil.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Om te sien hoe dit by mekaar gekom het,stappie vir stappie. Ek kon elke aanpas saam my ma en beste vriendin beleef het. Ek kon die proses saam met die mense waarvoor ek lief is aanpak.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media