Aloma Grobbelaar

Oranje Meisieskool

Ouderdom

18

Skool

Oranje Meisieskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het die rok gekies omdat die ryk olyfgroen kleur varsheid uitstraal, terwyl dit ook my persoonlikheid weerspieël. Die ontwerp kombineer elegansie en eenvoud, met unieke moue en 'n tydlose korset-snit. Die oop skouer-detail en die slip in die romp bring 'n moderne, element by, die romp val glad en vol na onder, gemaak van n sagte, glansende satynmateriaal wat lig vang wanneer dit beweeg.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het fotos van rokke gekyk en verskillende rokke gevat en dele waarvan ek hou bymekaar gesit. Ek wou n rok hê wat sag, tydloos en vroulikheid uitstraal. Die sagte vloei van die material en die klassieke snit simboliseer vir my die krag wat daar in sagtheid lê. Groen was nog altyd 'n kleur wat vir my vrede en balans uitstraal - iets natuurlik en eerlik. Casper Bosman en sy span het my prentjie perfek na lewe gebring. Die eindresultaat is vir my meer as net 'n rok,dit is 'n weerspieling van wie ek is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die dramatiese pofmoue en die af- skouer snit, wat saam met die ryk olyfgroen kleur 'n tydlose gevoel geskep het. Die hoë spleet in die rok het dit 'n moderne, speelse element gegee en dit het gemaklik beweeg toe ek geloop het. Alles saam het my laat voel soos die beste weergawe van myself, uniek.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media