Allison Lourens
Dr. E.G Jansen
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My matriekafskeidrok is deur Wendy Horwell van Wraptures Couture gemaak. Dit is ’n elegante, swart rok met dramatiese moue en ’n diep v-nek. Aan die agterkant dra ek ’n goue, lang hangertjie wat die oop rug beklemtoon en die rok ’n unieke styl gee.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My ma en ek het lank gesoek na die regte rok, maar niks was perfek nie. Toe ons na Wendy van Wraptures Couture gaan, het sy presies verstaan wat ek wou hê en vir my ’n skets geteken wat presies my visie was – uniek, stylvol en perfek.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die oop rug van my rok is 'n pragtige detail, maar die hangertjie is die kroonjuweel. Dit vang die lig so mooi dat dit my uitrusting laat uitstaan.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-10