Alicia Louw

Hoërskool Vredendal

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my rok se kleur spesifiek gekies omdat dit my sagte geaardheid uitbeeld en beskryf hoe fyn en sag ek is. Ek het die idee van my rok se ontwerp gesien en dit geteken met veranderinge sodat dit kan uitstraal wie ek is. Ek is baie lief daarvoor om altyd te glimlag en my liggie te laat skyn waar wit en die ontwerp daardie idee vir my perfek skep. Ek is eenvoudig en petite en daarom het ek my hakskoene, grimmering en pêrel oorbelle gekies om daarby te pas. My kleurvolle bos blomme het ek spesifiek gekies om ń “vintage” effek te skep en die opgewondenheid van die aand uit te straal.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media