Alexis Booysen

Hoërskool Wesvalia Klerksdorp

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In 1963 maak die eerste mini sy verskyning, 61 jaar later kies ek my rok se fondasie as juis dit, die minirok. Ek hoor telkens ek is ‘n “ou siel” en ek het dus gevoel dat ek hierdie eienskap en tydlose mode wil inkorporeer in my rok. Die moue bring iets meer modern om 1963 en 2024 te verbind. Die romp gedeelte skep ‘n elegante effek wat dan ook verwyder kan word om dit later vir my gemakliker gemaak het om te kan dans. Ek het op wit besluit want wit word geassosieer met reinheid, perfeksie en ‘n nuwe begin. Reinheid, ‘n Ware refleksie van my menswees. Perfek, hoe my skoolloopbaan was en terwyl ons wel nog eindeksamen moet skryf is ek op die vooraand van ‘n nuwe hoofstuk van my lewenspad.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Wesvalia Klerksdorp

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

As 12 jarige dogtertjie wen ek Mini Miss RSA in 2018, met stukkende knieë en hare wat onder ‘n handdroër in die badkamer probeer beredder is. Die baba blou rok wat ek aangehad het met die kroning en fotosessie, wat nie noodwendig spesifiek vir my ontwerp was, was die inspirasie vir my rok. Van toe af droom ek oor my matriekafskeid rok en kon nooit afsien van hierdie idee nie. Ek was so verlief op die rokkie dat ek hom steeds het. Al wat werklik verander het was die kleur en die styfpassende moue het plek gemaak vir biskop tipe moue.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is alles wat deur die “beaded sequent lace” bedek word bo. Dit skep ‘n misterieuse gevoel. Die “bling” het juwele oorbodig gemaak en ek kon dus slegs oorbelle en ringe dra, die twee juweelstukke waarvan ek die meeste hou.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media