Alexis Aucamp

Hoërskool Overkruin

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ontwerpkeuse het gedraai om my eie "aesthetic" en die tiepe klere wat ek op n daaglikse basis dra. So vir my rok wou ek n Gothic maar elegante "aesthetic" gehad het, sodat ek 'n gedeelte van my persoonlikheid daar uit kon bring. Ek wou nie net 'n rok gaan koop nie ek wou een ontwerp het en dit laat maak om te pas by my en net my, dot moes uniek wees wat niemand anders gaan hê nie. Die grootste gedeelte van my rok se ontwerp is dat ek dit self ontwerp het hoe ek dit wou gehad het en dat my ma dit vir my self gemaak het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Meeste van my inspeirasie het ek op Pinterest gekry. Ek het 'n klomp fotos van rokke gesoek en gedeeltes daarvan gevat om my eie rok te ontwerp. Nie alles was presies dieselfde nie, daar is goed wat ek ook net verander het omdat ek gedink het dit sal beter lyk. En nie alles het die heeltyd perfek geloop nie. Oorspronklik sou my rok net swart wees maar toe wou ek iets anders doen, iets onverwags doen. So toe praat ek met my ouers en vra hulle opinie. My pa het toe gesê dat pers 'n kleur is wat in die ou dae vir koninklikes gebruik was, dit is ook die rede hoekom dit sy gunsteling kleur is. Ek wou ook "elegance" in my rok inbring en het besluit daardie kleur sal perfek wees. Soos die maande aan gegaan het, het al my ideas bymekaar gekom en die eind produk was hierdie brilliante rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel sal wees dat my eie ma moeite gedoen het om dit te maak. Sy het na 'n lang dag van werk tyd gevat om daaraan te werk asook haar naweke gebruik om tyd te spandeer daarop. Sy het haar tyd op geoffer om hierdie rok vir my te maak en dit is wat dit so uniek en spesiaal maak vir my. En selfs was daar tye wat ons altwee bekommerd was oor gedeeltes van die rok, omdat party goed net nie wou werk nie, het sy nie opgegee nie en het dit maak werk. Sy het al soveel vir my gedoen en ek weet nie of sy weet hoeveel hierdie rok beteken het vir my nie. Hoe dankbaar ek is vir alles wat sy op geoffer het om hierdie rok wat ek ontwerp het 'n realiteit te maak. Hoe hierdie rok die belangrikste gedeelte van die matriekafskeid was, dit was nie die tiepe kar wat ek in aangekom het of hoe my makeup en naels gelyk het nie, dit was die rok gewees, want dit is wat die mense na sal kyk en wat ek wil hê die mense moet sien. My rok wat kom van soveel liefde en harde werk. Dit is wat ek gaan koester en vir altyd sal onthou.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media