Alexa de Lie



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok, net die rok, nie die skoene of die mooiste foto's nie. Dit is die middelpunt van alles.
Ek was opsoek na iets elegant,iets uniek,maar wat steeds my persoonlikheid uitbeeld. Jy dra die rok, die rok dra nie jou nie.
Die rok is ontwerp deur Robyn Roberts, ń mode-ontwerper met haar ateljee gelee in die hart van Kaapstad. Die rok bekend as Alessia val onder die collection de lumière of in Afrikaans die lig versameling. Bestaande uit meer as 5 meter kant is die styl van die rok kontemporêr, vroulik, sag met ń klassieke stilering, gemaak van materiaal verkry deur ń plaaslike verskaffer om die Suid-Afrikaanse mark te ondersteun.
Met die tema as ń sterrenag, het die rok my as die helderste liggie laat brand vir een skitterend aand.