Alana Beukes
Oranje Meisieskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is ‘n eenvoudige kolomsnit-ontwerp met ‘n styfpassende skouerlose bo-stuk. Die gedetailleerde frille is so ontwerp dat dit met knopies vashak aan die bo-stuk - juis sodat dit weer afgehak kan word.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Oranje Meisieskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het my inspirasie op Pinterest gekry, maar steeds ‘n unieke draai op my inspirasie foto gemaak met behulp van my ma & my ontwerper, Stanley Babtiste, se insette. Dit was vir my belangrik dat my rok ‘n weerspieëling van my persoonlikheid & geaardheid is.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is dat die detaillering op die bo-stuk kan afhak en die rok, binne ‘n paar sekondes, in ‘n totale nuwe rok kan verander met die doel dat ek my rok na meer as een geleentheid kan dra.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19