My matriekafskeidrok is ontwerp deur die talentvolle Jolandie Fouche van Jolache Couture. Die dag toe ek vir my eerste konsultasie gegaan het en vir haar my inspirasie foto's wys, het sy vir my gesê : “Aimy ek dink nie jy wil n matriekafskeidrok hê nie … jy wil n 'runway' rok hê”. Ek het toe geweet dat haar ontwerp my wildste drome gaan oortref. My 'runway' rok is presies wat ek nog altyd wou gehad het, en meer! Die asimmetriese silhoeët, kleur, struktuur en detail is wat my rok so uniek maak. My rok is 'n weerspieëling van my kunstige persoonlikheid en ikoniese styl.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Een van die grootste inspirasies vir my rok is defnitief die ontwerpe wat Jolandie vir Natasha Joubert gedoen het. My rok is geïnispireer deur Natasha se elegante styl en vreesloosheid om te dra waarin sy goed voel. Ek het van die begin af geweet dat ek 'n unieke rok wil hê wat my vol selfvertroue, elegant en net soos 'Aimy' sal laat voel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok? My gunsteling deel van my rok was die ontwerpproses. Elke keer wat ek na Jolandie toe gegaan het was net n stappie nader aan my droom rok. Om te sien hoe my idee bymekaar kom was regtig n belewenis en elke besoek na Potchefstroom was die moeite werd.