Adoné Naudé
Hoërskool Hoopstad



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Geel – n opgewekte kleur wat HOOP simboliseer.
Dit was die boodskap wat ek wou uitdra. Ek het nie soos ander meisies van kleins af n idee gehad hoe my rok moes lyk nie en as ek n idee gehad het , het dit ook nie lank gehou nie. Ek het een oggend wakker geword die jaar met n idee in my kop van hoe ek my droom rok soek , so ek glo dit kom van die Here. Die rok is n A lyn met n sweetheart neklyn. Die moue is net met pêrels
( Een van my gunsteling dinge)bedek. Vir n wow-faktor het die rok ook sakke. José de Chanha het die droom in n werklikheid omskep. Ek het n dankbare hart teenoor almal wat bygedra het dat ek dié dag so mooi kon voel.