Ek het op ‘n bloedrooi rok besluit, alhoewel dit die laaste kleur in my klerekas was wat ek gedink het ek sou kies! Die boonste gedeelte van my rok is oorgetrek met ‘n glinster kant. Die kant loop met ‘n punt af na onder en die kant word herhaal rondom die slit. Agter loop die kant ook af met ‘n punt. My rug is oop met ‘n u-vormige snit. Ek het my hare los gedra met krulle wat vrylik oor my skouers hang. Dit was meer natuurlik en sag en pas by my persoonlikheid. Ek het "French tips” op my naels gedra, sodat die fokus kan val op my rok!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, die 19de September 2024.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Wel, my heel eerste inspirasie was Tannie Erika Mengouchi, die tannie wat my rok ontwerp en gemaak het! Sy het my idees en my persoonlikheid so mooi raakgevat en met ‘n pragtige ontwerp gekom. Sy was ook die een wie voorgestel het dat ek nie die vurige bloedrooi kleur moet onderskat nie. Die tweede deel van my inspirasie het gekom van ‘n naweek in Pretoria saam met my sussie, my niggie, my ma en pa, my ouma en my twee tannies. Ons het rokke aangepas dat dit by my ore uitloop! Almal se “oe’s” en “aa’s” het baie vinnig dieselfde prentjie begin vorm as wat Tannie Erika voorgestel het. So het ek bevestiging gekry dat ek ‘n bloedrooi, noupassende rok gaan laat maak. Dit was ‘n dag vol soveel liefde en opregte mooi oomblikke, dat die rooi ook vir my dieper betekenis gekry het. Rooi is mos maar die kleur vir liefde! My rok is aanmekaar gesit deur opregte familie liefde! Ek het spesiaal en geliefd gevoel elke keer as ek na die rok kyk en natuurlik veral die aand toe ek dit met selfvertroue kon dra.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Definitief die rooi kant! Ek was in ekstase toe ek my rok vir die finale passing sien. Die fyn werk vooraan my rok was my gunsteling deel en dan die kantwerk om die slit wat dit komplimenteer.