Adél Grobler



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is 'n plaasmeisie wat grootgeword het met vierwiel motorfiets, en plaasbakkie bestuur toe my voete skaars die pandale kon bereik. Ek mis geen teiken nie, en vrees min in die lewe. Vuil word is in die orde van die dag.
“Meisie”, is nie deel van die woordeskatting om my te beskryf nie daarom is die inspirasie vir my rok om myself uit te beeld, om my feministiese gedeelte te wys, om te wees wie ek van harte is. Ek staan vir elegant, feministiese, jong dames, wat enige iets kan bereik wat jy jou hart op sit. My rok het my geïnspireer om in my drome en toekoms te glo. Geen droom is te groot om te bereik nie.
My liefde vir die natuur en diere het my gelei na een van my grootste drome, ek was die geleentheid gebied om saam perde hierdie spesiale dag te kon deel.
Ek het een van my drome bereik, ek het die wêreld aan my voete, en sien uit na my toekoms.