Tiana Geldenhuys
Hoërskool Driehoek
Tuisdorp
Vanderbijlpark
Skool
Hoërskool Driehoek
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die basis van die rok is op shein gekoop en ek het self modifikasies gedoen na die tyd
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het my matriekafskeidrok gekies om die persoon te verteenwoordig in wie ek oor die jare gegroei het—geskape deur ervaring, persoonlike groei en selfbewustheid. Vir my het dit nie net daaroor gegaan om mooi te lyk nie; dit het gegaan oor om sterk, selfversekerd en elegant te voel. Ek wou ’n rok hê wat vir my praat—een wat ’n gevoel van grasie, veerkragtigheid en eiesoortigheid dra
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok is meer as net kleed stuk
Dis die gedagte van groei in my selfvertroue . . My matriekafskeid rok laat my onafhanklik van enige iemand voel Dis vir my bewys dat ek gereed is vir die wereld daar buite en enige iets kan aanpak wat voorle op my paaitjie
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om elke jong meisie te sien wat ongelooflik sprakelend gelyk het in hulle rokke . Elke een van hulle met die selfvertroue van n jong volwasse dame Saam dit ook om kosbare tyd saam vriende te spandeer op n onvergeetlike aand
Planne vir na matriek
Na matriek gaan ek my studies begin by flysafair of self by Qatar in Doha ,afhangende van waar ek aanvaar word
Gunsteling woord in Afrikaans
Spookasem
Datum van matriekafskeid
2025-10-02