Niré Swart

Hoërskool Vryburg

Tuisdorp

Vryburg

Skool

Hoërskool Vryburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Lizan Zondagh het my rok ontwerp. Sy het baie talent en ek beveel haar vir enigiemand aan.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok is geïnspireer deur wie ek is — vol lewe, doelgerig en altyd gereed om die volgende uitdaging aan te pak. Ek is ‘n ware go-getter wat glo dat elke geleentheid met selfvertroue en styl aangegryp moet word. Die diepblou kleur van my rok herinner my aan die rustigheid én die krag van die natuur — iets waarin ek baie inspirasie vind. Die fyn detail en unieke ontwerp weerspieël my liefde vir dinge wat anders en besonders is. Ek wou hê my rok moes nie net mooi wees nie, maar ook iets sê oor my persoonlikheid: lewenslustig, sportief en vasbeslote om altyd my eie pad te stap.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my veel meer as net ’n kledingstuk — dit is ’n simbool van groei, selfvertroue en ’n droom wat waar geword het. Elke steek, kraaltjie en detail vertel ’n storie van die pad wat ek gestap het om by hierdie mylpaal uit te kom. Wanneer ek die rok dra, voel ek sterk, elegant en trots op wie ek geword het. Die unieke ontwerp weerspieël my persoonlikheid — doelgerig, vol lewe en onbeskaamd myself.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die oomblik net voor ek ingestap het, was eenvoudig betowerend — dit het gevoel asof tyd vir ‘n paar sekondes stilgestaan het. Ek het besef dat die dag waarvan elke klein dogtertjie droom, uiteindelik vir my aangebreek het. Een van my grootste hoogtepunte was toe ek en die hoofseun die voorreg gehad het om die dansbaan te open met Theuns Jordaan se lied, “Sal jy bly?” — ‘n lied so vol emosie en betekenis.

Planne vir na matriek

Ek het ‘n groot liefde vir besigheid en beleggings. Van kleins af het ek gedroom om iets met syfers te doen, en daarom gaan ek volgende jaar by die Noordwes-Universiteit (NWU) Aktuariële Wetenskap studeer. Ek gaan in die Vergeet-My-Nie koshuis bly. Ek onthou dat my pediater eenkeer vir my gesê het dat, as ek eendag in ‘n wiskunde-rigting gaan, dit sal voel asof die syfers met my praat — en vandag verstaan ek presies wat hy bedoel het. Ek geniet wiskunde en rekeningkunde ongelooflik baie.

Gunsteling woord in Afrikaans

Karnallie

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media