Karloné Hirselman

Hoërskool Wesvalia

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

Hoërskool Wesvalia

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok se ontwerp is op papier vasgelê deur my en Kobus Rautenbach. Kobus het dit toe na lewe gebring en dit self nog mooier gemaak as wat ek gedink het dit gaan wees!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou net soos myself voel. Ek wou iets dra wat sag en tydloos lyk. Ek wou hê die rok moes vloeiend en elegant wees, met die blou kleur wat vir my vryheid en vrede uitbeeld. Dit weerspieël definitief balans tussen styl en eenvoud. Dit SKREE verseker Karloné - eenvoudig met n bietjie glans.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is vir my meer as net n mooi uitrusting. Dit is n simbool van die einde van n groot hoofstuk en die begin van n nuwe een. Ek het 12 jaar lank hard gewerk om uiteindelik daardie rok te kan dra - met trots! Elke keer as ek aan my rok dink dan onthou ek hoe opgewonde en vol dankbaarheid ek was. Dit verteenwoordig die selfvertroue wat ek oor die jare opgebou het!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My matriekafskeid kar was n Offroad Rally Bakkie. Dit het verseker die koek gevat. Dit het koppe laat draai en my soos n ster laat voel. En dan natuurlik die liedtjie wat gespeel het terwyl ek en my metgesel oor die rooi tapyt geloop het. Wyn - Deon Groot.

Planne vir na matriek

Pukke word een student ryker! Ek gaan BsC Dierekunde met BioChemie gaan studeer by die Universiteit van Noordwes, Potchefstroom. En dan natuurlik probeer om die groot mens lewe baas te raak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Natuurlik

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media