Kaitlyn Faber
Helpmekaar College
Tuisdorp
JHB
Skool
Helpmekaar College
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My Matriekafskeid rok was 'n kombinasie van verskillende idees wat ek gehad het oor hoe my rok moes lyk en wat my luggaamstyl terselfdetyd komplimenteer.... So geen direkte ontwerper nie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het die voorerg gehad om vir 2 jaar in 'n ry 'n Model te wees van ons Skool se Modeparde, wat 'n GROOT hoogtepunt is en wat 'n groot verskeidenheid van ontwerpers inkry. My inspirasie was grotendeels te danke aan Anel Botha, 39 Dresses, Hollywood Couture en Nadia May. Ek het as gevolg van hulle passie vir alles wat mooi en stylvol is, geweet my rok moet my menswees en persoonlikheid uitbeeld in die mees elegantste manier moontlik.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is absoluut 'n weerspieëling van my persoonlikheid en my smaak. Wanneer jy af gaan by jou lysie van wat jou matriekafskeid rok moet wees, hoe dit moet pas en voel - was my rok stylvol, elegant, treffend en gemaklik. Ek wou iets gehad het wat my stunning laat voel en ongelooflik lyk, iets waarin ek myself kon uitleef en die aand ten volle geniet met oorgawe en baie pret.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt was Absoluut die KOS en die wete ek hoef nie te bekommer of my rok nog gaan pas nie... hahaha - nee die feit dat maande se voorbereiding, beplanning en die prentje wat jy in jou kop het, als perfek bymekaar kom en jy net soos die mooiste mens voel, vol selfvertroue instap glimlag en weet... Dis presies wat ek wou gehad het.
Planne vir na matriek
My nuwe Huis - POTCH - PUKKE NWU
Vergeet my nie Koshuis - Erg opgewonde ...
Meganiese Ingeneurswese is my vooruitsig tot ek graad vang...
Gunsteling woord in Afrikaans
Amusant
Datum van matriekafskeid
2025-10-04