Anouk van der Bank

HMS Bloemhof

Tuisdorp

Somerset West

Skool

HMS Bloemhof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Elana Lourens

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het in graad 11 'n foto van 'n "tulle" trourok gesien. Meteens het ek geweet dat ek my matriekafskeidrok daarop wou baseer. Die "drop waist" en "open boning corset" was net te mooi om nie geïnspireerd te voel nie. Ek het nog nooit 'n blou rok na 'n skooldans gedra nie...selfs al is dit my gunsteling kleur. Die rede hiervoor is eenvoudig: ek het die kleur blou gespaar vir my matriekafskeid. Hierdie besluit het werklik my rok meer spesiaal gemaak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek beskou my rok as'n feesviering van my skoolloopbaan. Dit simboliseer al die skaterlag pouses, veeleisende eksamens, elke wiskundeformule, oomblikke van groei, (hier en daar trane), nuwe vriendskappe en glimlag in die skoolgange. Die eenvoud van die lae "tulle" en silloutte het my soos Anouk laat voel, maar terselfdetyd soos 'n prinses. Ek het bietjie soos aspoestertjie na die rekordeksamen gevoel - een oomblik leer ek nog skeinat in my pajamas en die volgende oomblik stap ek oor 'n rooitapyt in 'n asemrowende aandrok.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ons graad is mal oor dans. Dus was die herinneringe op die dansvloer die beste deel van my matriekafskeid.

Planne vir na matriek

Ek beplan om by die die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

kolwyntjie

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media